Notas


Resultate 51 tot 100 van 2,771

      «Vorige 1 2 3 4 5 6 ... 56» Volgende»

 #   Notas   Geskakel aan 
51 Die doopboek van die Grote of Sint. Barbarakerk in Culemborg is in 1654 verwoes in 'n brand, sy doopdatum kan daarom nie vasgestel word nie. Sy geboorte word wel in die kerk herdenk met 'n gedenksteen wat in 1952 ten tyde van die 300 jaar herdenking van die landing aan die Kaap geplaas is. van Riebeeck, Johan Anthonisz. (I3822)
 
52 Die doopdag kan moontlik 9 Maart wees, maar is onleesbaar. Dit volg op die vorige doop wat as 31 Maart aangeteken is. Ek het daarom dieselfde doopdatum behou. Snijman, Christoffel (I4664)
 
53 Die herkoms van stammoeder Anna Maria Swart lê nog versluier onder die dekmantel van die tyd. Uit die primêre bronne tot ons beskikking, weet ons dat sy waarskynlik voor 1712 reeds aan Kaap de Goede Hoop was en dat sy tot en met haar dood in 1732 die lewensmaat van 4 mans was.

Op 22 Mei 1712 tree sy in die huwelik met Martin Meckelenburg (do [22 Meij 1712] Martin Meklenbúrg, van Cooningsbergen, Wedu met Anna Maria Swart, Jonge dogter van Stokholm, https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-DZN4-47W?i=69&cc=1478678 ). Martin was reeds voor 1691 in die Kaap en afkomstig van Königsberg, 'n stad in die toenmalige Pruisse wat na die Tweede Wêreldoorlog hernoem is na Kaliningrad toe Oos-Pruisse onder Rusland en Pole verdeel is. Op 23 Oktober 1713 stel die egpaar 'n testament op waar Martin se ouderdom as 63 en Anna se ouderdom as 30 jaar aangegee word (https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C9BY-J9ZQ-3?i=349&cat=64687). Uit die huwelik met Meckelenburg word een dogter gebore genaamd Engela (1715 13 8b., Gedoopten Engela, Ouders Martinús Meklenbúrg en Anna Maria Swart. Getúigen Olof berg en Anna de Coning, https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-DZN4-WRD?i=5&cc=1478678). Martin is voor 31 Okotber 1717 oorlede en na haar word verwys as sy huisvrou (Inventaris van de goedere d' welke Marten van Mekelenborgh door de doot heeft ontruymt en nagelaten aan des selfs huijs vrouw Anna Maria Swart MOOC8/3.71 http://databases.tanap.net/mooc/main_article.cfm?id=MOOC8%2F3%2E71&freesearchkey=Mekelenborgh). Die dogter Engela moes vroeg gesterf het aangesien daar geen verdere verwysings na haar gevind kon word nie.

Sy doop op 10 September 1719 saam met Stoote Heinrich Raessen (ook genaamd Staats Roos of Roesen) 'n dogter met die naam Maria ([10 7b:r 1719], Gedoopten. Maria., Ouders. Staats Roos, en Anna Maria Swart., Getúigen. Hans Jacob brits, en Dina Olivier., https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-DZN4-WGK?i=10&cc=1478678). Volgens die inskrywing vir Stoote Heinrcih Raessen in die skeepsoldyboek van die Rozenburg was hy afkomstig van Barendorf en het hy op 28 Junie 1721 gesterf (1721 28 Junij ... Dat sonder testament te maken (nalatende voor ƒ311: - aan goedere n) is overleeden https://www.nationaalarchief.nl/onderzoeken/archief/1.04.02/inventaris?inventarisnr=5519&afbeelding=NL-HaNA_1.04.02_5519_0136&activeTab=gahetnascan). In die doopinskrywing vir Maria word nie aangegee dat die kind "onecht" was nie, maar aangesien Anna Maria in 1720 weer opnuut sou trou, kan ons aanneem dat sy en Raessen nie getroud was nie of dat die huwelik ontbind was voor 1721.

Maria trou op 4 Augustus 1720 weer opnuut met Carel Strang, 'n Sweed uit Goteburg wie in 1709 op die skip Ellemeet aan die Kaap geland het (In 't Schip Ellemeet voor Kamer Zeeland, Carel Strang van gottenburg bosschieter niet vermaakt http://proxy.handle.net/10648/7b0b25e2-c3a7-1089-4e2a-fbb9ad98d749). Uit die huwelik word 2 kinders gedoop, Christina op 14 September 1721 ([14 7b:r 1721], Gedoopten. Christina., Ouders. Carel Strang, en Anna Maria Swart., Getúigen. Jacob Krúger, en Johanna Kemp., https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-DZN4-W5L?i=12&cc=1478678) en Sofia op 26 September 1723 (Sofia, de Vader Carel Strang, de Moeder Anna Maria Swart getú Walmar van den Brinck 26 7br 1723, https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-6LWL-SZ?i=84&cc=1478678). Carel ontval haar gedurende 1725 of vroeg in 1726 en in die boedelrekening word na haar verwys as sy vrou (Inventaris van den boedel en goederen naargelaten en met 'er dood ontruijmt door wijle den burger Carel Strang ten voordeele van sijn nagelatene vrouw Anna Maria Swart ter eener en... MOOC8/4.77, http://databases.tanap.net/mooc/main_article.cfm?id=MOOC8%2F4%2E77&freesearchkey=Strang)

Joachim Scholtz is haar 4de lewensmaat met wie sy op 3 Augustus 1727 in die huwelik tree. Uit die huwelik sou 2 seuns gebore word, Johannes Paassen in 1727 and Jan Joachim in 1730.

Anna Maria moes in ongeveer 1732 gesterf het aangesien daar 'n boedelrekening vir haar is op 1 Maart 1732 (den 1:e Maart 1732 aan de meestbiedende zijn verkogt, naargelaten en met ’er dood ontruijmt door Anna Maria Swart van den landbouwer Jochem Scholts... MOOC8/5.96, http://databases.tanap.net/mooc/main_article.cfm?id=MOOC8%2F5%2E96&freesearchkey=Swart). In vroeëre kontrake wat sy namens Meckelenburg en Stang aan die Kaap geteken het (referensie Annemarie Dreyer) word daar aangegee dat sy in 1683 gebore was. Sy was dus ten tyde van haar dood ongeveer 49 jaar oud, en het 'n vol lewe gelei met 4 lewensmaats en 6 kinders in 'n landstreek ver verwyder van haar land van herkoms.

Hoe sy aan die Kaap geland het is nog nie bekend nie. Dat sy van Stockholm afkomstig is word deur meerdere primêre bronne ondersteun. Haar naam word soms as Anna Marija Zwart aangegee, maar meestal as Anna Maria Swart.

Uit die beskikbare doop-en-huweliksregisters wat aanlyn beskikbaar is vir kerke in Stockholm gedurende die 1680's is daar maar 'n enkel inskrywing vir 'n Anna Maria Swart in die doopregister van die Sint Nicolas Kerk (Sankt Nikolai Kyrka oftewel Storkyrkan) in die jaar 1687 (Anna Maria[,] Henrik Swart, kanslist, Katarina Swart 11/11, 13/11 1687 :4 484 http://digitalastadsarkivet.stockholm.se/bildarkiv/egenproducerat/kyrkobok/K168.pdf), nagenoeg aan die 1683 wat skynbaar in Suid-Afrikaanse bronne gebruik word. Haar ouers word aangegee as Henrik Swart, 'n klerk (kanslist) en Katarina Swart. Henrik is inderwaarheid Heinrich Valentin Schwartz wie in 1676 getroud is met Catharina Dittmar, dogter van die wynhandelaar Matthias Dittmar (SCHWARTZ Hr Heinrich Valentin, Cancelist beim Kön. Cammer Collegio, mit J. Catrina DITMARSS, H. Matthias Dittmars, Weinhendlers tochter. 1676 l6/ll s.57 http://digitalastadsarkivet.stockholm.se/bildarkiv/egenproducerat/kyrkobok/K231.pdf) in die Sint Geertruida Kerk in Stockholm (ook genaamd Tyska Kyrkan d.w.s Duitse Kerk). Buiten Anna Maria, is daar nog 3 dogters en 2 seuns uit die huwelik gedoop in die Sint Nicolas Kerk nl. Anna Margaretha op 23/10/1677, 'n ongenoemde seun op 24/8/1682, Brita Katarina op 21/10/1685, Johan op 12/5/1689 en Elisabeth op 10/2/1691. Na 1691 is daar geen verdere inskrywings in die kerkregisters te vind vir die egpaar nie.

Hopelik kan verdere navorsing bewys of die Anna Maria Swart wat ons in die doopboek van die Sint Nicolas Kerk in Stockholm vind die stammoeder van Joachim Scholtz se nageslag in Suid-Afrika is en hoe sy, blykbaar alleen, aan die Kaap geland het. Tot dan bly dit alleen 'n moontlike antwoord en haar herkoms steeds 'n tergende geheim. 
Swart, Anna Maria (I164)
 
54 Die name van sy ouers word nie op sy sterfkennis aangegee nie, maar hy is waarskynlik * 8/12/1865 ≈ Heidelberg 6/5/1866 sv. Jacob Philippus Mare * 1843 † 1890 en Cornelia Maria soos aangegee op Familysearch by die skakel https://www.familysearch.org/ark:/61903/2:1:9K87-FC4

Jacob Philippus Mare * 1843 † 1890 se sterfkennis is beskikbaar by die skakel https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-C7SQ-W 
Mare, Jacob Philippus (I1726)
 
55 Die seun is later deur Willie en Dina aangeneem. Scholtz, Willem Jacobus (I225)
 
56 Districten: Waveren
Naamen der Overledenen: Alette Vorster
Ouderdom: 76
Geboorte Plaats:
Qualiteiten:
Weduwnaar: Pieter Goúws
Datum van 't overlijden: 20 [Julij 1798]

https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSVH-99V9-M?i=411
https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSVH-99NX-8?i=412 
Vorster, Aletta (I25)
 
57 Dit was die wil van onse Hemelse Vader om onverwags op 18 Junie 1986 van ons weg te neem ons geliefde seun en broer Japie, in die jonge ouderdom van 22 jaar, 1 maand en 12 dae.
In ons harte is 'n magdom van tere en soete herinneringe waardeur ons hom altyd sal onthou. Ons treur nie soos die wat geen hoop het nie, maar berus by die besluit van ons Hemelse Vader wat nooit 'n fout maak nie.
Sy bedroefde ouers, familie en vriende. 
Scholtz, Jacob Johannes (I248)
 
58 Doop - https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C953-S9LT-D?mode=g&i=15&cc=1910846 Janse van Rensburg, Johannes Lodewyk (I784)
 
59 Doopgetuie was Alexander Carpiusvan die Kaap, Cornelia (I6658)
 
60 Doopgetuie was Neeltjen Jacobs van Rosendaelvan Meldorf, Susanna (I6648)
 
61 Doopgetuie was Warnar van den BrinkStrang, Sofia (I1865)
 
62 Doopgetuie was Anthoni Cobinvan die Kaap, Jan (I6671)
 
63 Doopgetuies was Pieter de Waal, Susanna Geertruida Louw, Petrus Jacobus Marais en Susanna Geertruida NaudeScholtz, Pieter Eduard (I6732)
 
64 Doopgetuies was Christoffel Johannes Smit, Maria Magdalena Johanna Immelman, Jan Jacob Andreas Heinemann en Hester Catharina Sophia de BeerScholtz, Maria Magdalena Johanna (I237)
 
65 Doopgetuies was Marthinus Gouws, Dirk Johannes Albertus Crafford en Elsje van der Merwe. Gouws, Marthinus (I2341)
 
66 Doopgetuies was Jan Hendrik Scholtz, Johanna Magdalena Visagie en Joachim Gerhardus Wilhelmus ScholtzScholtz, Jan Hendrik (I2949)
 
67 Doopgetuies was Johannes Oosthuizen en Johanna MaartensGouws, Johanna (I1172)
 
68 Doopgetuies was Hermanus Esterhuizen, Anna Elisabeth Scholtz, Gerrit van Wyk en Maria Magdalena EckhoffScholtz, Maria Magdalena (I176)
 
69 Doopgetuies was Gerhardus Scholtz en Christina Magdalena van Wykvan Wyk, Catharina Elisabeth (I2907)
 
70 Doopgetuies was Gerrit Johan Wilhelm Gouws, Anna Wilhelmina Hendrina Swiegers, Henning Johannes Viljoen en Anna Francina GouwsGouws, Susanna Gesina (I7351)
 
71 Doopgetuies was Jacobus Johannes Lodewicus Scholtz en Johanna Sophia SwiegersViviers, Susanna Maria (I7344)
 
72 Doopgetuies was Joachim Jacobus Scholtz, Gesina Maria Susanna Scholtz, Wynand Johannes van der Westhuizen en Jacoba Johanna Lodewica ScholtzScholtz, Gesina Maria Susanna (I7076)
 
73 Doopgetuies was Willem Jacobus Scholtz, Dina Johanna Heineman (doopouers), Coenraad Jacobus Groenewald en Anna Catharina Swanepoel. Groenewald, Joachim Willem Jacobus (I5198)
 
74 Doopgetuies was Johannes de Buis, Maria Pienaar, Hermanus Esterhuizen en Anna Elisabeth ScholtzScholtz, Johannes Joachim (I2848)
 
75 Doopgetuies was Frans Hendrik Badenhorst, Elizabeth Louisa Jacoba Scholtz, Jacobus Johannes Lodewikus Scholtz en Sara Johanna WeidemanScholtz, Elizabeth Louisa (I5041)
 
76 Doopgetuies was Johannes Lodewikus Petrus Botha, Anna Dorothea Scholtz, Andries Jacobus Strauss en Carolina Margaritha LubbeScholtz, Elizabeth Jacoba Louisa (I207)
 
77 Doopgetuies was Hans Jacob Brits en Dina OlivierRaessen, Maria (I1863)
 
78 Doopgetuies was Willem Johannes van der Merwe, Catharina Joachimina Scholtz , Pieter Barend Francois Botha en Anna Jacoba ScholtzScholtz, Catharina Johanna (I215)
 
79 Doopgetuies was David Christiaan Dirk Strauss en Martha Margaretha StraussScholtz, Anna Jacoba (I208)
 
80 Doopgetuies was David Christiaan Dirk Strauss, Martha Margaretha Strauss, Pieter Ernst Scholtz en Johanna Sophia StraussScholtz, Joachim Jacobus (I209)
 
81 Doopgetuies was David Christiaan Dirk Strauss, Martha Margaretha Strauss, Gerrit Daniel Jacobus Scholtz en Gezina Susanna de BeerScholtz, David Jacobus (I210)
 
82 Doopgetuies was Wouter Cornelissz Mostert en Itjen Hendriksvan Schalckwyck, Dirck (I6664)
 
83 Doopgetuies was Adriaan de Vooght en Anna van der MeerCrudop, Henrick (I6669)
 
84 Doopgetuies was Dirck Bosch en Sophia van den TempelOverheul, Cornelia (I6652)
 
85 Doopgetuies was Catharina de Vooght en Henrick CrudopCruse, Urbanus (I6665)
 
86 Doopgetuies was Abraham de Vos en Marie le CocqJacob, Abraham (I779)
 
87 Doopgetuies was Geertruyt Jansz van Buren en Jacob Jacobszvan Nijmegen, Lucretia (I6711)
 
88 Doopgetuies was Jacob Kruger en Christina StrangScholtz, Elisabeth (I169)
 
89 Doopgetuies was Jacob Kruger en Johanna KempStrang, Christina (I1864)
 
90 Doopgetuies was Olof Bergh en Anna de ConinghMeckelenburg, Engela (I1385)
 
91 Doopgetuies was Pierre Denier en Anne le Roux Jacob, Pierre (I775)
 
92 Doopgetuies was Abraham Jacob en Elizabeth de VosJacob, Suzanne (I65)
 
93 Doopgetuies was Abraham Ladegoute en Jeanne le ClerqJacob, Daniel (I777)
 
94 Doopgetuies was Jean Folque en Sara de VosJacob, Sara (I61)
 
95 Doopgetuies was Pierre de Vos en Suzanne LagacheJacob, Pierre (I778)
 
96 Doopgetuies was Barend Brinckman en Catharina KiensJansz, Sara (I6687)
 
97 Doopgetuies was Gerhard Pieterszoon van der Bijl en Sophia van den TempelMichiels, Maria (I6670)
 
98 Doopgetuies was Johann Conrad von Breitenbach en Anna Maria RoerscheyBosch, Anna Sophia (I6666)
 
99 Doopgetuies was Jurjan Vrydagh en Hendrikje HendrikszElberts, Henrick (I6676)
 
100 Doopgetuies was Jan Brjtlas, Adriaan de Vooght en Anna van der MeerDurant, Joannes (I6680)
 

      «Vorige 1 2 3 4 5 6 ... 56» Volgende»