
Johannes Paasen Scholtz

-
Naam Johannes Paasen Scholtz - Johannes Paassen is kort na sy ouers se huwelik en waarskynlik deur Ds. Lambertus Slicher, die leeraar van die gemeente Drakenstein in die periode, gedoop. Sy geboortedatum word nie in die doopinskrywing genoteer nie, maar ons kan aanneem dat dit tussen sy ouers se huwelik op 3 Augustus 1727 en sy doop op 21 September 1727 moes wees. Hy is vermoedelik vernoem na die doopgetuie Jan Moller, maar oor die herkoms van sy middelnaam is daar geen sekerheid nie. Die naaste verbintenis wat op die oorsprong van sy middelnaam kan dui is Margaretha Paasen, die eggenote van Abraham Lever. Abraham en Joachim het op 16 Oktober 1719 as onderskeidelik korporaal en soldaat in Kaap de Goede Hoop aangeland. Dit is moontlik dat hy en Joachim na hul aankoms kontak gehou het en Johannes daarom deels na Margaretha vernoem is. Ek kon egter geen bronne vind om 'n verbintenis tussen Joachim en Abraham na hul aankoms aan die Kaap te staaf nie. Johannes moes op 'n jong leeftyd gesterf het aangesien daar geen verdere verwysing na hom in primêre of sekondêre bronne voorkom buiten die aantekening van sy doop nie.
Geboorte Voor 21 Sep 1727 [1] Gedoop 21 Sep 1727 Drakenstein [1]
- Getuies by sy doop was Johannes Moller en Martha du Toit
Geslag Manlik Sterf ca 1728 - In die opgaaf van 1728 word daar 1 seun opgegee vir Joachim en Anna Maria, maar in die opgaaf van 1729 word daar geen seun opgegee nie.
Persoons ID I165 Geslagregisters Laaste Opgedateer 22 Mrt 2022
Vader Joachim Scholtz, * ca 1690, Altmark, Brandenburg , † 15 Feb 1738, Klein Vogelvalleij
(Ouderdom ~ 48 jare)
Moeder Anna Maria Swart, * ca 1683, Stockholm, Swede , † 1731, Stellenbosch
(Ouderdom ~ 48 jare)
Getroud 3 Aug 1727 Drakenstein [2]
- Vermoedelik getroud deur Ds. Lambertus Slicher wat vanaf 1725 tot en met sy dood op 2 Junie 1730 leeraar van die gemeente Drakenstein was. Die huwelik is waarskynlik voltrek in die kerkgebou wat onder die leiding van Ds. Petrus van Aken vanaf 1717 in die Paarl opgerig is en wat later in 1805 vervang is met die Strooidakkerk wat nou nog in gebruik is. Anna Maria Swart was die eerste vrou van Joachim Scholtz. Ten tyde van hul huwelik was sy reeds twee maal 'n weduwee. Eers van Martin Mecklenburg en laastens van Carl Strang wat ongeveer 'n jaar eerder gesterf het. Joachim en Anna Maria se eerste seun Johannes Paassen is net die volgende maand op 27 September 1727 gedoop. Anna Maria was dus of hoog swanger ten tyde van die huwelik of het toe reeds geboorte geskenk aan Johannes.
Ouderdom met huwelik Hy: ~ 37 jare en 8 maande - Sy: ~ 44 jare en 8 maande. Familie-ID F49 Groepsblad | Family Chart
-
Gebeurtenis Kaart = Koppel aan Google Earth
Pin Verklaring : Adres
: Lokasie
: Stad/Dorp
: Distrik/Graafskap
: Staat/Provinsie
: Land
: Nie gevul
-
Geskiedenis Lewensskets van Joachim Scholtz (1690-1738)
'n Lewensskets van die stamvader Joachim Scholtz (1690-1738) geskryf deur JA (Bertus) Scholtz (1907-1997), gedigitiseer en beskikbaar gestel deur Ian Scholtz (http://www.myfam.co.za/)
-
Bronne - [B134] NGK Paarl Dope 1714-1745 (G3 3/1) 3, (Nederduitse Gereformeerde Kerk), 88 (Betroubaarheid: 3), 11 Nov 2018.
Den 21 September 1727
K: Johannes Paassen
V: Jochem Scholts
M: Anna Marija Zwart
G: Johannes Moller, Martha du Toit
"South Africa, Parish registers for the Dutch Reformed Church at Paarl, Cape Province, Items 4 - 9, Baptisms 1694-1799" database with images, FamilySearch (https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSV8-W947-Z?i=371&cat=993681), 008120997 > image 372 of 753 - [B80] NGK Paarl Huwelike 1717-1823 (G3 5/1A), Nederduitse Gereformeerde Kerk, (Nederduitse Gereformeerde Kerk), 9 (Betroubaarheid: 3), 22 Jun 2019.
Den 3 Aúgústús 1727.
Jochem Schúlt van Oúdt-Mark Brandebúrg Borger aan Stelle[nbosch] J:M: met Anna Marija Zwart van Stokholm wedúwe van wijlen den búrger Ca[rl] Strang.
"South Africa, arish registers for the Dutch Reformed Church at Paarl, Cape Province, Marriages 1717-1869" database with images, FamilySearch (https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSV8-7SFH-4?i=10&cat=993681), 008120998 > image 11 of 789
- [B134] NGK Paarl Dope 1714-1745 (G3 3/1) 3, (Nederduitse Gereformeerde Kerk), 88 (Betroubaarheid: 3), 11 Nov 2018.