Generaal Constand Laubscher Viljoen, SSA, SD, SOE, SM, MMM

-
Naam Constand Laubscher Viljoen [1] Titel Generaal Agtervoegsel SSA, SD, SOE, SM, MMM Geboorte 28 Okt 1933 Potfontein, Distrik Standerton [2, 3, 4]
Geslag Manlik Beroep 1954 Suid-Afrika (Ouderdom 20 jare)
Tweede Luitenant Beroep 1956 Suid-Afrika (Ouderdom 22 jare)
Luitenant Beroep 1959 Suid-Afrika (Ouderdom 25 jare)
Kaptein Beroep 1961 Suid-Afrika (Ouderdom 27 jare)
Majoor Beroep 1965 Suid-Afrika (Ouderdom 31 jare)
Kommandant Beroep 1968 Suid-Afrika (Ouderdom 34 jare)
Kolonel Beroep 1971 Suid-Afrika (Ouderdom 37 jare)
Brigadier Beroep 1974 Suid-Afrika (Ouderdom 40 jare)
Generaal-majoor Beroep 1976 Suid-Afrika (Ouderdom 42 jare)
Luitenant-generaal Beroep 1977 Suid-Afrika (Ouderdom 43 jare)
Hoof van die Suid-Afrikaanse Leër Beroep 1980 Suid-Afrika (Ouderdom 46 jare)
Generaal Beroep 1980 Suid-Afrika (Ouderdom 46 jare)
Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag Sterf 3 Apr 2020 Distrik Orighstad [5]
Notas - "Laaste van die boeregeneraals"
Genl. Constand Viljoen, SSA, SD, SOE, SM, MMM is op 3 April 2020 in die ouderdom van 86 op sy plaas in die Distrik Ohrighstad oorlede. Voor sy aftrede in 1985 was hy Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag na 'n roemryke loopbaan wat vanaf 1954 gestrek het. Hy was 'n uitmuntende soldaat en geliefd deur sy soldate.
Constand Laubscher Viljoen was die jongste van tweelingbroers wat op 28 Oktober 1933 te Standerton gebore is. Hy en sy ouer broer Abraham Carel Viljoen was die seuns van Andries Viljoen en Geesie Maria Kotze. Sy vader sterf op 8 November 1947 toe Constand nog net 14 jaar oud was.
Hy het sy skoolopleiding aan die Laerskool Perdekop en Hoërskool Standerton ontvang en matrikuleer in 1951. Na hoërskool, het hy aan die Universiteit van Pretoria gaan studeer waar hy in 1956 die graad B.Sc (B. Mil) ontvang.
Gedurende sy militêre loopbaan het hy die volgende dekorasies ontvang:
SSA - Orde van die Ster van Suid-Afrika (Militêr): Goud
SD - Suiderkruis-dekorasie
SOE - Suid-Afrikaanse Polisie Ster vir Uitmuntende Diens
SM - Suiderkruismedalje
MMM - Militêre Merietemedalje
Na sy aftrede het hy gaan boer op sy plaas te Ohrigstad, wat hy op die ouderdom van 23 gekoop het. In 1993, gedurende die politieke oorgang in Suid-Afrika, tree Viljoen tot die politiek toe saam met nog drie ander oud-generaals en help met die stigting van die Afrikaner Volksfront.
Kórt voor die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994 stig Viljoen die Vryheidsfront as politieke party vir die Afrikaners. In 2001 het hy die leierskap van die Vryheidsfront aan Pieter Mulder oorgedra en uit die politiek getree waarna hy hom voltyds op sy boerdery toegespits het.
Ten tyde van sy dood het hy reeds 2 jaar aan die siekte van Alzheimer gely.
Persoons ID I3749 Geslagregisters Laaste Opgedateer 6 Apr 2020
Vader Andries Viljoen, * 8 Apr 1889, Distrik Standerton , † 8 Nov 1947, Holvlei, Distrik Volksrust
(Ouderdom 58 jare)
Moeder Geesie Maria Kotze, * 27 Aug 1905, † 9 Aug 1990 (Ouderdom 84 jare) Getroud 4 Okt 1932 Middelburg, Transvaal Ouderdom met huwelik Hy: 43 jare en 6 maande - Sy: 27 jare en 2 maande. Familie-ID F1120 Groepsblad | Family Chart
Familie Christina Susanna Heckroodt, * 18 Sep 1935, † 11 Feb 2021 (Ouderdom 85 jare) Getroud 30 Nov 1957 [6] Ouderdom met huwelik Hy: 24 jare en 1 maand - Sy: 22 jare en 2 maande. Kinders 1. Lewend 2. Lewend 3. Lewend 4. Lewend 5. Lewend Laaste Opgedateer 5 Apr 2020 Familie-ID F1121 Groepsblad | Family Chart
- "Laaste van die boeregeneraals"
-
Fotos Generaal Constand Viljoen Constand en Risti Viljoen
-
Bronne - [B12] TAB MHG, 5563/47 (Betroubaarheid: 3), 7 Des 2019.
Name van kinders van oorledene en of hulle meerderjarig of minderjarig is. Abraham Carel Viljoen. Constant Laubscher Viljoen. Sanette Henrietta Johann Viljoen. almal (minderjarig)
https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS37-39GH-P?i=1033&cc=2520237&cat=188051 - [B235] Viljoen Familieregister, Christo Viljoen (Betroubaarheid: 3), 5 Apr 2020.
Gebore. 28 Okt 1933
Plek. Standeton Tvl - [B239] Brothers in War and Peace: Constand and Abraham Viljoen and the Birth of the New South Africa, Dennis Cruywagen (Betroubaarheid: 2), 6 Apr 2020.
... So the bith of identical twin boys Abraham Carel and Constand Laubscher at the end of October 1933 on the farm Potfontein in the distict of Standerton was a double blessing for the Viljoen family. - [B239] Brothers in War and Peace: Constand and Abraham Viljoen and the Birth of the New South Africa, Dennis Cruywagen (Betroubaarheid: 2), 6 Apr 2020.
In adulthood, Andries married Geesie Maria Kotze. They had three choldren: a set of twin boys and a daughter, Sanetta. The boys were born on 28 October 1933; Abraham arrived a few minutes before his brother, Constand. - [B236] Beeld, Naspers, (Naspers) (Betroubaarheid: 3), 5 Apr 2020.
Die voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en eerste leier van die Vryheidsfront, is Vrydagmiddag omstreek 13:00 in die ouderdom van 86 op sy plaas in Limpopo dood.
"Hy was baie rustig op die plaas .. hy het vir seker met vrede in sy hart gegaan," sê Petrus Viljoen, een van die oudgeneraal se seuns.
Sy pa het die plaas, naby Orighstad in Limpopo, op 23-jarige ouderdom gekoop. Dit was sy trots. Hy het 'n gemengde boerdery daar bedryf; beeste en saaigwasse.
Beeld, Saterdag 4 Oktober 2020, "Genl. Viljoen 'het met vrede in sy hart' op plaas heengegaan", - [B235] Viljoen Familieregister, Christo Viljoen (Betroubaarheid: 3), 5 Apr 2020.
Huwelik. 30 Nov 1957
- [B12] TAB MHG, 5563/47 (Betroubaarheid: 3), 7 Des 2019.