Nuwe Boekmerk

Geskiedenis

» Wys alles     «Vorige «1 ... 23 24 25 26 27 28 29 30 31 Volgende»     » Skuifie vertoning

Liechtenstein se reis oor die Skurweberg en Witzenbergpasse na Tulbagh

Historiese kommentaar op Joachim Scholtz (1761-1805) uit Reisen im südlichen Africa in den Jahren 1803, 1804, 1805 und 1806. Teil 1 (bladsy 219 tot 222) deur Hinrich Lichtenstein.

In Reisen im südlichen Africa in den Jahren 1803, 1804, 1805 und 1806 verhaal Hinrich Lichtenstein sy ervarings gedurende die reise wat hy in Suid-Afrika meegemaak het. In 1803 het hy kommissaris-generaal Jacob Abraham de Mist vergesel op 'n uitgebreide reis na die binneland van die kolonie. Die geselskap het uit 50 lede bestaan en het te perd en met ses waens gereis.

Laat November 1803 maak die geselskap 'n vermoeiende dagreis oor die vergete Skurweberg en Witzenbergpasse wat 'n deurgang tussen die Koue Bokkeveld en Tulbagh gebied het. Die Skurwebergpas (ook Agter Witzenbergpas genoem) was in 1780 aangelê deur veldkornet Pieter Pienaar, 'n plaaslike boer.

Die padmaker wat verantwoordelik was vir die onderhoud aan die Skurwebergpas was Joachim Scholtz (1761 - 1805), kleinseun van die Stamvader Joachim Scholtz. Joachim was 'n groot en swaar man wat die skaal, volgens eie segging, net duskant die 180 kilogram getrek het!

Aan die padmaker van die Skurwebergpas wei Lichtenstein 'n aantal (onvleiende) bladsye in sy reisverhaal:

Direk aan die uitgang van die kloof en vlak onder 'n versonke rand van die Skurweberg staan ​​'n eensame huis, die tuiste van die weg opsigter, aan wie 'n dukaat (een en 'n halwe riksdaalder) betaal moet word vir elke wa wat hier verbyry. Vir hierdie aansienlike inkomste en die vrye gebruik van die omliggende grond betaal hy 'n bepaalde pag aan die Distrik en het terselfdertyd die verpligting om te sorg vir die instandhouding van die pad, wat feitlik altyd verbeter moet word as gevolg van die swaar deurgang en die skade wat deur die winterreën veroorsaak is.

Die huis, in die skadu van eikebome, het ons 'n welkome rusplek gebied. Ons het 'n paar tafels en bankies op die grasperk onder die bome getrek en ons maaltyd genuttig. Die weg opsigter (hier padmaker genoem), genaamd Scholz, was een van die grootste en dikste mense wat ek nog gesien het en mens kon nie 'n minder behulpsame en geskikte persoon vir hierdie pos in die hele kolonie gevind het nie. Hy het my verseker dat hy in net 'n paar jaar soveel in korpulensie toegeneem het en dat hy andersins eerder maer as vet was. Maar 'n jaar gelede, toe hy homself laas geweeg het, was hy net 'n half pond kort van vierhonderd.

Hy het 'n klein sterk wa gehad waarin hy rondgery het om die pad te inspekteer, maar hy moes die toesig van die werkers aan een van sy slawe oorlaat. Die bure het egter baie gekla oor die agteruitgang van die pad en beweer dat dit inderhaas effens verbeter is net vir ons aankoms en dat dit vir twee jaar nie in die vereiste toestand onderhou is nie.

Een van die dinge wat ons aandag in besonder hier getrek het was weer 'n reusagtige ophoping van groot rotsblokke, wat egter sulke wye openinge gelaat het dat daar ‘n doolhof van gange en grotte ontstaan ​​het wat die eienaar van die plek met mure en heinings afgeskort het om veekrale te skep. Hier is snags beeste en skape en bokke ingejaag, elke kudde in sy eie grot. Terwyl ek deur hierdie gange gestap het, het ek die beskrywing onthou van die sanger van die Odusseia oor die grot van die Sikloop, en die reuse gestalte van die pad opsigter, wat aan 'n langtermyn-oogsiekte ly en een oog met 'n lap verbind het, skep ‘n lewendige herinnering aan die kolossale seun van Poseidon:

Aan die ander kant aangekom na 'n kort reis,

sien ons, naby die see, op die uiterste punt van die kus, 'n

hoë, met wilde lourier oorwoekerde grot wat vir 'n trop

kleinvee, skape en bokke, as nagskuiling dien, en omring was

met 'n omheining van diep in die grond ingegrawe stene,

lang denneboomstamme en hoogkronige blad oorklede eike.

Daar het 'n man sy intrek geneem, 'n reus wat sy skape

eensaam, vêr van die ander vandaan, poog op te pas. Eenkant,

hy het met niemand verkeer en vir god nog gebod omgegee.

Dit was 'n verskriklike monster, 'n wese sonder menslike trekke  

soos ons, maar wat eerder lyk soos 'n beboste bergtop,

wat daar alleen verrys, hoog bo die ander bergpieke.

Odyssee IX. v. 180 – 190. In Afrikaans vertaal deur Louis Scholtz na die Nederlandse
vertaling deur H.J. de Roy van Zuydewijn.

Daar is gerugte dat Scholz meer sulke grotte gehad het, maar dat niemand behalwe sy slawe dit geweet het nie, waarin hy skape weggesteek het wat hy kort-kort met die hulp van sy slawe van verbygaande slagters gesteel het. Trouens, 'n jaar later na aanleiding van die klagte van sommige slagters, het die saak ter sprake gekom. Scholz is saam met sy metgeselle gevang en meer as die helfte is skuldig bevind aan voortgesette diefstal. Die slawe het gebieg, hy het self onwrikbaar bly ontken en voor die einde van die verhoor in die tronk gesterf, waar ek hom self
verskeie kere as dokter besoek het. Soos die goddelose Polifemos, reusagtig van figuur, eenoogig, geneig tot eensaamheid en met afkeer in groente, sou mens seker nie gou 'n ander vind wat beter geskik is vir die eienaar van die rotsagtige rotsklowe as hierdie Scholz nie.

Die oorspronklike Duitse teks lees as volg:

Gleich am Ausgange der Schlucht und hart unter einem einspringenden Rande des Schurfdeberges steht ein einsames Haus, die Wohnung des Wege-Aufsehers, welchem für jeden Wagen, der hier vorüber zieht, ein Ducaton (anderthalb Thaler) Weggeld bezahlt werden muƒs. Für diese ansehnliche Einnahme und den freien Gebrauch des umherliegenden Landes, zahlt er eine gewisse Pacht in die Districts-Casse und hat zugleich die Verpflichtung, für die Unterhaltung des Wegens zu sorgen, an welchem wegen der starken Passage und wegen des Schadens, den die Winterregen verursachen, fast immer etwas zu bessern ist. Das Haus, von Eichen artig umschattet, bot uns einen willkommen Rastplatz. Wir brachten einige Tische und Bänke auf den Rasen unter die Bäume hinaus und verzehrten hier unser Mahl. Der Weg-Aufseher (hier Padmaker genannt), Namens Scholz, war einer der gröƒsten und dicksten Menschen, die ich je gesehen habe, und nicht leight hätte man in der ganzen Colonie ein unbehülflicheres und weniger geschiktes Subject zu diesem Posten finden können. Er versicherte, daƒs er erst seit einigen Jahren so sehr an Corpulenz zugenommen habe, und sonst eher mager als fett gewesen sei; vor einem Jahre aber, als er sich zuletzt gewogen, habe nur ein halbes Pfund an vierhundert gefehlt. Er habe einen klein starken Wagen, auf dem er sich umherfahren lasse, um nach dem Wege zu sehen, aber die Aufsicht über die Arbeiter müsse er einem seiner Sclaven überlassen. Die Nachbaren klagten jedoch sehr über den Verfall des Weges und behaupteten, er sei jetzt nur in der Eile wegen unsrer Ankunft etwas gebessert, und vorher seit zwei Jahren nicht mehr in dem erforderlichen Zustand erhalten. Ein Gegentand, der hier unsre besondre Aufmerksamkeit auf sich zog, war abermals ein riesenhaft aufgethürmter Hauƒen von groƒsen Felsenstücken, die aber so weite Zwischenräume lieƒsen, daƒs labyrinthische Gänge und Höhlein enstanden, die der Besitzer des Platzes durch Zwischenwände und Gehege zu Viehhürden eingerichtet hatte. Rinder und Schafe und Ziegen wurden Abends hier hineingetrieben, jede Heerde in eine besondre Höhle. Bei dem Durchwandeln dieser Gänge, fiel mir die Beschreibung ein, die der Sänger der Odyssee von der Höhle des Kyklopen liefert, und die Riesengestalt der Wirthes, der an einer langwierigen Augenkrankheit litt und das eine Auge mit einem Tuche verbunden hatte, erinnerte lebhaft an den ungeschlachten Poseidoniden:

Nahe von dannen
Sahn wir ein Felsengeklüft am äuƒsersten Rande des Meeres,
HochgewöIbt, umschattet mit Lorbeergebüsch, wo am Abend
Viele Schafe und Ziegen sich lagerten; aber umher war
Hoch ein Geheg‘ erbaut von eingegrabenen Steinen,
Von aufstrebenden Fichten und hochgewipfelten Eichen.
Drinnen haust‘ anch ein Mann von Riesengestalt, der die Heerde
Einsam auf fernere Weiden umhertrieb, nie auch mit andern
Umging, sondern allein auf frevele Tücke bedacht war.
Denn zum Entsetzen erhub sich das Ungeheuer, nicht ähnlich
Männern von Halme genährt, vielmehr dem bewaldeten Gipfel
Hoher Felsengebirge, der einsam ragt vor den andern. Etc.

Odyssee IX. v. 181 — 192 der Vossischen Uebersetzung.

Es ging das Gerücht, Scholz habe noch mehr dergleichen Höhlen, die aber niemand kenne, als seine Sclaven, und worin er Schafe verberge, die er gelegentlich vorüberreisenden Schlachtern mit Hülfe seiner Sclaven entwende. Die Sache kam in der That ein Jahr nachher, auf die Klage einigen Schlachter, zur Sprache, Scholz ward, nebst seinen Gesellen eingezogen und mehr als halb der fortgesetzten Dieberei überführt. Die Sclaven gestanden, er selbst leugnete standhaft und starb noch vor Beendigung des Processes im Gefangniƒs, wo ich ihn damals selbst mehrmals als Arzt besucht habe. Dem Polyfemos gleich an freveler Tücke, an Riesengestalt, Einäugigkeit, Neigung zur Einsamkeit und Abneigung vor vegetabilischer Kost, möchte man wohl nicht leicht einen andern Finden, der sich besser zum Besitzer des Felsengeklüftes gepaƒst hätte, als dieser Scholz.

  1. Reisen im südlichen Africa in den Jahren 1803, 1804, 1805 und 1806. Teil 1, Hinrich Lichtenstein, Münchener DigitalisierungsZentrum Digitale Bibliothek
  2. Hinrich Lichtenstein, Wikipedia
  3. Jacob Abraham Uitenhage de Mist, Wikipedia
  4. Joachim Scholtz (1761-1805), Geslagregisters
  5. Odyssee - Boek IX: Bij de Kikonen, de Lotoseters en de Cycloop, DBNL
  6. Mountain Passes, Roads & Transportation in the Cape: a Guide to Research. Section A: Index of Cape Mountain Passes
  7. Ou Toegangsroetes, Ceres Museum


Eienaar van die oorspronklikeLouis Scholtz
Geskakel aanJoachim Scholtz

» Wys alles     «Vorige «1 ... 23 24 25 26 27 28 29 30 31 Volgende»     » Skuifie vertoning