Nuwe Boekmerk

Geskiedenis

» Wys alles     «Vorige «1 ... 14 15 16 17 18 19 20 21 22 ... 31» Volgende»     » Skuifie vertoning

Jan Joachim Scholtz (1730-1804), notas van Bertus Scholtz

Geskryf deur Johannes Albertus (Bertus) Scholtz (1907-1997), gedigitiseer en beskikbaar gestel deur Ian Scholtz.

Jan het sy moeder op twee-jarige leeftyd verloor. Terwyl sy vader op "Elandskloof", in die omgewing van die huidige Citrusdal woonagtig was, het sy stiefmoeder gesterf en op agt-jarige leeftyd het hy sy vader verloor. Blykbaar het die ouer kinders van die tien van Wyk-kinders d.i. sy stiefbroers en susters vir die res sowel as vir hom en sy halwe suster Christina Strang gesorg.

In die notule van die Diakonie van die Gemeente van Tulbagh kon geen verwysing na hom gevind word nie en vermoedelik was hy nie onder hulle versorging nie. Van sy drie halwe susters was net een, nl. Christina Strang nog in lewe.

Soos blyk uit die memorie aan die Goewerneur deur Joachim (a1) tydens die tyd wat hy wewenaar was, was die dogter toe nie onder sy sorg nie maar waar sy toe was kon ook nie vasgestel wordnie. Vermoedelik moes sy op ’n latere tydperk weer onder sy sorg gekom het. Op 25 Oktober 1739, dus ’n jaar na die afsterwe van haar stiefvader, Joachim, tree sy in die huwelik met JacobKruger. (Redelinghuys gee in die verband haar naam foutief aan as Catharina.)

Vermoedelik het die tienjarige Jan Joachim by hulle ingewoon of andersins by Christoffel van Wyk d.i. ’n neef van sy stieffamilie. Na hy getrou het het Jan Joachim, Christoffel se plaas in die Bokkeveld oorgeneem nadat Christoffel na die Roggeveld getrek het. Miskien het hy gewissel tussen die Krugers, (Jacob Kruger was met sy halfsuster getroud) en die van Wyks.

Dat daar ’n band tussen Christina Kruger (gebore Strang) en Jan Joachim in stand gebly het is duidelik want sy en haar eggenoot Jacob Kruger word in 1751 benoem as getuies met die doop van Jan Joachim se dogter Elizabeth. In 1763 word Jan Joachim en sy vrou weer benoem as getuies met die doop van ’n kind van Jacob Kruger en Christina (K.K., Doopregister, Tulbagh). Die jongste dogter van Jan Joachim ontvang die naam Martha Christina en vermoedelik word sy na Christina Strang vernoem.

Op 19 September 1748 tree Jan Joachim te Swartland (Malmesbury) in die huwelik met Catharina van Wyk.

Presies waar hulle vir die eerste paar jaar woonagtig was, kon nie met duidelikheid bepaal word nie, maar aanvanklik het hy die plaas van Christoffel van Wyk in die Bokkeveld oorgeneem.

Op 12 Augustus 1752 het hy saam met Christiaan Liebenberg die plaas "De Bokjes fontein" in die Bokkeveld ontvang. Blykbaar het hy Jacob Kruger na die Bokkeveld gevolg want Jacob het alreeds op 24 April 1752, die plaas "De Forteyn" in die Roggeveld ontvang en daar het hy vir baie jare bly woon. (KAB, R.L.R. 13 bl. 22-190).

In 1756 vestig Jan Joachim hom op die plaas "De Rogge Kloof" geleen op het Groote Roggeveld. (KAB, R.L.R. 43 asook R.L.R. 41 bl. 393). Die toekenning word gedoen op 9 Augustus 1756. Op 10 Januarie 1761 word gemeld dat hy die plaas verlaat het maar op 22 Desember 1766 en weereens op 23 Oktober 1777 word bevestig dat hy nog daar was.

Die plaas Roggekloof is 18 km suid-suid-oos vanaf Sutherland. As ’n mens met die teerpad vanaf Matjiesfontein na Sutherland teen die Verlatekloofpas uitkom, draai mens op die eerste pad regs en 10 km verder kom ’n mens by die plaas se afdraaipad na links, en die opstal is ongeveer 4 km verder. (Inligting verskaf deur dr. Adelbert Scholtz, eertydse leraar te Sutherland).

Op 10 Augustus 1759 word die plaas "Die Eendragt" ook aan hom toegeken. Miskien het hy die tweede plaas slegs vir weiding nodig gehad. (Toekenning R.L.R. 15/2 bl. 218) en op 10 Januarie 1761 gee hy kennis dat hy die plaas verlaat het.

In 1777 is sy vrou Catharina van Wyk oorlede. Die sterfregister gee nie die plek aan nie maar blykbaar was dit op "Die Rogge Kloof". (KAB, C.J. 2633/53). Hier teken hy sy naam slegs as Joachim.

Teen hierdie tyd was hy ’n redelike gegoede man want volgens die boedelrekening was hy die eienaar van 5 mansslawe, en een slavin. Twee leningsplase word vermeld maar ongelukkig word die name van die plase nie in die boedelrekening vermeld nie. Verder het hy 4856 skape, 208 beeste en 13 perde besit.

Watter opleiding hy gehad het, is nie duidelik nie, maar in die boedelrekening word daar gemeld dat hy ’n Bybel en "een party boeken" besit het.

Op 22 November 1778 is hy te Paarl weer getroud en wel met Johanna Elizabeth Hamman. Kort na sy huwelik, op 2 Desember 1778 word die plaas " ’t Drooge Land agter ’t Bokkeveld" die verlateplase van Francois Venter aan hom toegeken. (R.L.R. 25/2 bl. 307). Op 15 Februarie 1782 word gemeld dat hy nog daar woonagtig was. Op 6 Februarie 1784 gee Willem Wouter Venter kennis dat hy sy plaas verlaat het weens las met Joachim Scholtz. Blykbaar was die grense tussen die plase nie duidelik afgebaken nie.

Toe hy in Kaapstad was en op die punt gestaan het om met Johanna Elizabeth Hauman in die huwelik te tree het hulle ’n gesamentlike testament laat opstel en dit is deur Christiaan Ludolph Neethling, Sekretaris van die Raad van Justisie op 29 Oktober 1778 opgestel.

Die dokument meld dat hy en sy oorlede eggenote, Catharina Elizabeth van Wyk ’n mondelinge testament voor sewe getuies op 1 Februarie 1752 opgestel het en waarvolgens die langslewende die"universele erfgenaam" sou wees en met behulp van "twee goede en onbesproken manne als toesiende voogden" sou omsien na die opvoeding van hul kinders, al sou die langslewende weer in die huwelik tree.

Die bruidegom onderneem om uit sy boedel, wat op 3 000 riksdaalders getakseer was, die bedrag van 1713 riksdaalders aan sy kinders na te laat. Die getroudes sou hul deel dadelik ontvang terwyl die minderjariges se deel in trust gehou sou word. As toesighoudende voogde word aangestel Hermanus Esterhuyzen en Pieter Hugo. Die testament is onderteken deur "Jochem Scholtz" en P. Hugo, terwyl Hermanus Esterhuyzen ’n kruisie gemaak het.

Hermanus Esterhuyzen was Joachim se skoonseun en Pieter Hugo was die bewoner van "Schietfontein" (R.L.R. 15/1 bl. 152) wat hy vanaf 26 September 1758 besit het. "Schietfontein" is enkelekilometer ten suide van Roggekloof.

As bylae by bogenoemde testament is daar ’n "Inventaris des Boedels van die landbouer, Jochem Scholts". As getuies hiervan het geteken Frans Joosten en Philip Erasmus. Die datum daarop is 30 Oktober 1778, dus ’n dag nadat die testament opgestel was. Dit totale waarde van die boedel word op riksdaalders 3018 gestel. Dit sluit onder andere in 2 ossewaens, 1 osse-kar, ’n verskeidenheid van gereedskap en huisraad. Sy boerdery het bestaan uit 9856 skape, 206 beeste en 13 perde, asook 5 manlike slawe en een slavin.

Die eerste seun uit die tweede huwelik is te Stellenbosch gedoop maar die tweede seun is in Desember 1781 te Tulbagh gedoop. Blykbaar was hulle toe nog in die Bokkeveld woonagtig. Op 6 Februarie 1784 word deur die veldkornet vermeld dat hy die plaas "’t Drooge Land" verlaat het. In Mei 1790 tree sy jongste dogter te Stellenbosch in die huwelik en blykbaar was hy toe alreeds in Stellenbosch woonagtig.

Wanneer hy na Stellenbosch verhuis het is nie duidelik nie maar vermoedelik moet dit in die omgewing van 1781 - 84 wees. Sy lidmaatskap van die gemeente Roodezand (Tulbagh) word eers in die lidmaatregisters van Stellenbosch aangegee as 30 Julie 1796.

Op 2 Augustus 1804 is hy op 74-jarige leeftyd te Stellenbosch oorlede en sy begrafnis in die kerkhof aldaar vind die volgende dag plaas. (K.K., Sr. Stel.)

An extract from a book being compiled by Dr. Skead.

Scholtz: No farming property has yet been found under the name of Field-corporal Jan Scholtz but the fact of his having had an official title strongly suggests that he must have been a member of the local farming fraternity, as were others with similar commando titles. All that is known of him is that on 5 November 1779 (an early date for farm occupancies) he submitted a declaration to the Swellendam Landdrost, by whom all frontier affairs were then administered, telling how he had met at the Swartkops River a party of farmers fleeing from Xhosas who hadbeen stealing their cattle and burning their homes.

Scholtz told the Landdrost that he had asked the farmers why they felt Blacks should have stolen their cattle. The reply is somewhat illuminating. The farmers told Scholtz that "...they (the Blacks) could not suffer the Gona Hottentots (Khoekhoe) who daily stole their cattle, to reside among the Christians (Whites) but desired that the Christians should drive them away in order that they should again be able to get their cattle". This discursive statement meant, simply, that Hottentots (Khoekhoe) were stealing the Black men's cattle. Incensed, the Blacks demanded that the Whites drive away all Khoekhoe living among them to enable the Blacks to recover cattle which the Khoekhoe had stolen from them. It must be presumed that the Whites had refused and had then been subjected to black harassment to the point that they had no option but to flee. It seems strange that the Blacks had not themselves attacked the thieving Khoekhoe, something they had done at other times without much compunction, a greater force on a weaker.

Eienaar van die oorspronklikeBertus Scholtz, Ian Scholtz
Geskakel aanJohanna Elisabeth Hamman; Jan Joachim Scholtz; Joachim Scholtz; Anna Maria Swart; Catharina Elisabeth van Wyk

» Wys alles     «Vorige «1 ... 14 15 16 17 18 19 20 21 22 ... 31» Volgende»     » Skuifie vertoning