Geskiedenis

» Wys alles     «Vorige 1 2 3 4 5 6 7 ... Volgende»     » Skuifie vertoning

Lewensskets Jacob Johannes Scholtz (1811-1891)

Lewensskets Jacob Johannes Scholtz (1811-1891) geskryf deur JA (Bertus) Scholtz (1907-1997) en beskikbaar gestel deur Ian Scholtz (http://www.myfam.co.za/)

Gebore in die wyk Winterveld, vermoedelik op die plaas Caroluspoort, ’n paar kilometer buite die huidige De Aar.  C.C. de Villiers gee nie sy naam aan nie alhoewel hy ouer is as twee van die broers wat vermeld word. Hy is volgens gewoonte, as tweede seun na sy moeder se vader, Jacob Johannes Kruger, vernoem.  In die omgang word hy as Japie bekend.

Hy is aanvanklik met die Groot Trek oor die Oranje en op 6 Junie 1837 toe die Voortrekkers tussen die Vet- en die Sandrivier gestaan het, het hy die eerste Grondwet van die nuut gestigte Republiek opgestel.  (Sien Voortrekkermense,  Deel II, Gustav S. Preller  bl. 101 en bl. 102.  Sien ook Voortrekkermense Deel XI bylaag II  bl. 299.).

Hy het ook die "Formuliere vir die inswering van  Goewerneur P. Retief;  President Rechter van die Raad van Polisie, Gert Maritz en voor andere Ed. Heeren vir voornoemde Raad;  en voor de leeraar der Gereformeerde kerk en voor de Vrederechters:  opgestel.

’n Verandering in die Formulier was voorgestel  (bl. 104) en "De Heer J. Scholtz schreef dit punt des eeds in klad om hetzelve na de beëindiging in de gedane eed van de Governeur in te voegen."Die verandering was aangebring en was reg vir die eedaflegging op  Sondag, 11 Junie.

Waar hy hom presies na deser gaan vestig het, is nie duidelik nie;  dit is wel duidelik dat hy nie saam met Piet Retief na Natal getrek het nie.  Vermoedelik het hy hom teruggetrek na die Suid-Vrystaat, waar van sy broers hulle gevestig het.  Sy moeder was nog op Caroluspoort, buite die huidige De Aar woonagtig en het onder die gemeente van Colesberg resorteer.  Die mense langs die Onder-Rietrivier en die Modderrivier hetdie gewoonte gehad om hulle kinders op Colesberg te laat doop.  Ds. Read van Colesberg het die kinders wel gedoop maar het sy misnoeë gewys deur nie die woonplekke van die mense aan te teken nie, maar net "over de grenzen" in te vul.

Waar hy sy opleiding ontvang het is ook nog nie duidelik nie.  Dit is egter duidelik dat die kinders van Joachim Scholtz en sy vrou Anna Jacoba Kruger nie ongeletterd was nie; een, Joachim Jacobus het selfs rondreisende onderwyser geword.

LW:  Die Grondwet wat "Japie" vir die Republiek van die Voortrekkers opgestel het, was die eerste republikeinse grondwet wat in gebruik geneem was, suid van die ewenaar.

Hy is op die ouderdom van 81-jaar op die plaas "Zanddrift" distrik Herbert,  wat toe aan sy seun behoort het,  oorlede

Notas vir Elizabeth Louisa Strauss
Ds. Andrew Murray van Graaff-Reinet het die huwelik bevestig, sy vermoedelik slegs 15 jaar oud.

Op haar sterfkennis (1880) word vier seuns en twee dogters se name aangegee.  Op Jacob se sterfkennis (1891) kom net die name van die vier seuns en een dogter voor.  Die sterfkennis van die moeder gee die name van die dogters as Catharina (gespel Katrina) Johanna en Jacoba Maria.  Die van die vader gee net die dogter Catharina aan.  Sover vasgestel kan word,  was daar ses dogters van wie die meerderheid voor hulle vader en moeder oorlede is.

Elizabeth is oorlede op die plaas Mauritzfontein van G.D.J., ’n broer van haar eggenoot op 65-jarige leeftyd. SAG Vol 11 bladsy 46 gee haar naam verkeerdelik aan as Maria Johanna Strauss (Elizabeth se suster ?)

Eienaar van die oorspronklikeIan Scholtz
Geskakel aanJacob Johannes Scholtz; Elizabeth Louisa Strauss

» Wys alles     «Vorige 1 2 3 4 5 6 7 ... Volgende»     » Skuifie vertoning